Solidariteit, Afriforum en die Zoeloe koning

 

Die verjaarsdag besoek van Solidariteit en Afriforum by die amptelike verjaarsdag van Goodwill Zwelithini se 70ste verjaarsdag verwys.

Ek sou graag aan Kallie Kriel en Flip Buys persoonlik die volgende vrae wou vra:

Wat soek julle daar?

Hoe kan jy mnr Kriel ‘n verjaarsdagparty van ‘n tradisionele leier beskryf  as “inspirerend”.

Hoe en hoekom wil julle beter verhoudings opbou met ‘n “monarg” wat op ‘n stuk grond sit en jaarliks befonds word deur die Suid Afrikaanse belastingbetaler?

Hoe  “leer” jy trots aan by iemand wie se lewens- en wêreld beskouing hemelsbreed verskil van joune?

Is jy uit geboorte en opvoeding nie trots om ‘n Afrikaner te wees in siel en liggaam nie?   Wil jy nou span maak met die Zoeloes  (meeste Zuma aanhangers) teen die ANC en die EFF? .

Gaan kyk wat die Bybel ons leer rondom bondgenote buite jou geloofskring, en  voor iemand my stenig – Zwelithini handhaaf NIE dieselfde normes en waardes as wat die Bybel aan ons voorhou nie. Voorvader aanbidding is deel van hul “geloof” (ja, respekteer hul siening maar dit is nie wat ons in glo nie).

Sal julle later saam aan hierdie rituele deelneem “ter wille” van?

Laastens maar nie die minste  nie, Solidariteit en Afriforum wil niks weet van Blanke selfbeskikking nie – heel verstaanbaar want beide organisasies  is veelrassige organisasies met lede vanuit verskillende rassegroepe.

Daar is by vele geleenthede gemeld dat Solidariteit en Afrforum nie die Boere Afrikaner Volksraad sal ondersteun nie.  Julle grootste finansiële bydraes kom vanuit Afrikaner geledere maar jul skaar julle by Zwelithini en “modelle” wat omgaan met Mugabe se seuns.  Quo Vadis Solidariteit en Afriforum?

Sakkie van der Merwe