So ry die trein sonder permitte

Prasa se veiligheids permit het op Dinsdag 31/7/18 verval en ‘n nuwe permit is geweier deur die Spoor Veiligheids Reguleerder(SVR.)

‘n Woordvoerder van SVR, Madelein Williams, het gesê die optrede van Prasa toon dat hul nie vermoë, toewyding en hulpbronne het om kontrole uit te oefen op hul bates en veiligheid van passasiers nie.

Die SVR het besluit om nie ‘n permit uit te reik voordat hul tevrede is dat Prasa die probleme aangespreek het nie.