Siek, sieker, siekste

Vyf-en-tagtig personeel lede van die Departement van Gesondheid in Natal  was meer as 5 000 dae afwesig op “siekverlof”.

Die probleem van die departement is dus nie ‘n tekort aan personeel lede nie, maar bloot dat huidige personeel nooit by die werk is nie.

Gesondheidskenners sê dít is die soort mense wat die nuwe nasionale gesondheidskema nooit sal kan laat slaag nie.