Shivambu se 182 km/u rit

Die EFF se hoofsweep, Floyd Shivambu (foto), is in die Vrystaat voorgekeer nadat hy die spoedgrens van 120 km/u oorskry het deur 182km/u te ry met ‘n voertuig wat deur witmonopoliekapitaal gebou is.

Hy is gearresteer maar later op borgtog van R2 000 vrygelaat en sal  binnekort in die hof verskyn.