Senator John McCain is oorlede

Die invloedryke Republikeinse senator, John McCain, is die naweek oorlede in die ouderdom van 81 jaar, en hy was sedert 1987 senator wat die deelstaat Arizona met onderskeiding verteenwoordig het.

In 2008 het hy teen Barack Obama gestaan in die Amerikaanse presidentsverkiesing en was een van die weinige Republikeine wat openlik teen president Donald Trump se beleid gekant was.

Senator McCain laat sy vrou Cindy en sewe kinders agter.

Hy het aan kanker gely en onlangs aangekondig dat hy die behandeling daarteen gestaak het.