SAW nie daar om misdaad te beveg nie

Volgens generaal Solly Shoke (foto) is dit nie die taak van die SA Weermag om polisiëring van misdadigers te doen nie.

Verskeie instansies het gevra dat die weermag ingespan moet word om bendegeweld in die Wes-Kaap te bekamp.

Die SAW sal volgens hom sover moontlik vermy om in te gryp in gebiede waar misdaad hoogty vier en herhaal sy November 2017 aanhaling “sou ons inkom sal ons skop en donner”. Waarnemers stem saam met hom aangesien die weermag en die polisie se opleiding wesenlik van mekaar verskil.

Die SAW sit egter self met interne probleme en selfs dissipline binne die weermag is ‘n groot probleem.