SAUK tegnies bankrot

Die SAUK groep het aangekondig dat hulle kontantvloei onder druk is en in ‘n brief aan hulle verskaffers, krediteure en produsente gemeld dat hulle alle betalings gaan uitstel tot ‘n latere datum.

Finansiële druk het die uitsaaier in ‘n posisie geplaas wat nie op die kort termyn opgelos gaan word nie.  Uitgawes oorskry by verre die inkomste.

Volgens Kaizer Kganyago kan hy nie verstaan hoekom mense verbaas is oor die SAUK se finansiële posisie aangesien dit nie die eerste keer is wat hulle nie hulle krediteure kan betaal nie.