Russe hou grootste militêre oefening

Honderde duisende troepe neem deel aan Rusland se grootste militêre oefening en magsvertoning sedert die Koue Oorlog, waarby ingesluit word die magte van Sjina en Mongolia.

Die Russiese minister van verdediging,  Sergei Shoigu, sê in ’n verklaring die planne vir ’n militêre oefening is in plek en sowat 300 000 troepe sal vir die geleentheid ontplooi word.

Die Vostok-2018 oefening wat van 11 September vir vyf dae sal duur, sal glo twee keer groter wees as die vorige groot oefening wat in 1981 gehou is.

Twee Russiese weermag, vloot groepe en minstens 1 000 vegvliegtuie sal betrokke wees saam met die Sjinese en Mongolia magte.

Intussen het Navo bekendgemaak dat hy ’n Europese oefening beplan wat in Denemarke gehou sal word waarby sowat 40 000 troepe betrokke sal wees.

Verlede jaar het Rusland sy eie militêre oefening gehad waarmee sowat 30 000 troepe betrokke was en wat deur Navo bestempel was as ’n aggressiewe houding teenoor Europa.