Rekord vir Duitse handel surplus

Duitsland is onderweg om ’n nuwe rekord op te stel vir sy grootste handels surplus vir ’n derde agtereenvolgende jaar.

Na verwagting is dat die land hewige kritiek gaan kry van ander lande, maar veral van die president van Amerika, wat reeds etlike kere ernstige besware geopper het oor Duitsland se voortdurende handels oorskot ten koste van ander lande.

Die Duitse surplus word op $299 miljard gestel vir vanjaar wat die wêreld se grootste handels surplus is, en sal sterk kritiek ontlok omdat die derde jaar is wat die land ’n reuse surplus toon.

Die surplus staat in skrille kontras met die Amerikaanse handelstekort wat op $460 miljard geraam word maar wat glo kan verminder noudat president Trump ’n invoerheffing op metale en ander goedere geplaas het.

President Donald Trump het vroeër die Duitsers daarvan beskuldig dat hulle oneerlik is met hulle reuse surplus wat elke jaar bereik word.

Die Amerikaanse president het kanselier Merkel gewaarsku dat swaar invoerheffings op Duitsland van toepassing gemaak sal word indie die land voortgaan om so ’n groot surplus jaar na jaar te realiseer.

’n Woordvoerder van die Duitse Federale Ministerie van Ekonomie sê dit is nie goed vir die handel as Duitsland ’n te groot surplus toon nie, en gee die versekering dat dit nie ’n politieke motief is nie, en daarom probeer die regering om die surplus te verminder wat jaarliks bereik word.

Kenners het egter die bewering in twyfel getrek en sê die Duitsers kan die surplus baie vinnig verminder as dit hulle erns is.

Foto – Duitse voertuie gereed vir verskeping