Reddingsboei vir VBS Bank

Die ANC het met die slim plan na vore gekom om die bankrot VBS Bank te red deur die Bank te laat saamsmelt met die Limpopo Ekonomiese Ontwikkelings Agentskap.

Die Reserwebank is een party wat nie geneë is met die plan nie en sien dit selfs as ‘n poging om skaduagtige individue te beskerm wat betrokke was by massiewe bedrog.

Intussen ontken die Speaker van die parlement, Baleka Mbete, dat sy R25 miljoen ontvang het van Gold Fields maar erken dat sy by sake aktiwiteite betrokke is binne die bepalings van die wet.

Die vraag is gevra hoe sy 138 vragmotors besit op haar salaris?