Protes in Houtbaai

Drie honderd bandelose protesteerders het geboue in Houtbaai aan die brand gesteek,  onder andere die gebou van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.

Teen vroeg Sondagmiddag het polisie gebots met die groep wat fakkels wat op die polisie afgevuur het. Paaie is geblokkeer en twee huise sowel as die polisie se boot loods gebou en ‘n fabriek is afgebrand.

Die optrede is glo as gevolg van die dood van ‘n beweerde stroper deur die polisie.