Pole wys nuwe regters aan

Die president van Pole, Andrzej Duda, het die wet onderteken wat die Poolse parlement magtig om ’n keuse te maak met die aanwys van regters vir die Hooggeregshof.

Die optrede volg te midde van die dreigende waarskuwing van die Europese Unie dat hulle teen Pole sal optree indien die wet deurgevoer word.

Pole het intussen die hoofregter kennis gegee van hul voorneme om ’n nuwe hoofregter aan te wys en die huidige regter op vervroegde pensioen t sit.

Sedert die konserwatiewe regering in Pole aan bewind gekom het in 2015, het ’n groot aantal linkse regters besluit om pad te gee.

Voorheen is regters aangestel deur ’n Grondwetlike Turbinaal wat saamgestel is uit lede van die Nasionale Juridiese Raad, en het blykbaar gelei tot manipulasie wat slegs liberale en linkse persone laat kwalifiseer het om regters te word.

Gedurende die afgelope maand is 22 bestaande regters gevra om uit te tree op vervroegde pensioen en die Poolse senatore het die aanwys van nuwe regters goedgekeur asook ’n verkorte metode om hulle aanstellings te verhaas.

’n Klein groepie linkse opposisielede het voor die Hooggeregshof geprotesteer ten die nuwe wetgewing, en gesê die regering ondermyn die demokrasie.

Foto – Poolse Hooggeregshof