Oud Eskom base trek toutjies

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemeings, het ‘n parlementêre komitee ingelig dat oud uitvoerende beamptes wat geskors is by Eskom, besig is met ‘n poging om steeds beheer uit te oefen in die entiteit.

Hy het nie name genoem maar aan die LP’s gemeld dat hul die persone ken.

Eskom se voorsitter, Jabu Mabuza, het die bewerings bevestig en gewaarsku dat dit ‘n ernstige probleem is.   Volgens Mabuza is dit soos ‘n seekat met al sy tentakels in die besigheid.

Eskom het 10 uitvoerende beamptes en 75 amptenare afgedank die afgelope jare .  Meer as 1 000 dissiplinêre sake is aanhangig gemaak teen werkers terwyl 25 personeellede sake teen hul het oor beweerde saketransaksies met Eskom.

Ontleders wys daarop dat die belastingbetalende deel van die bevolking betaal vir die verrotte entiteit, en die vraag word gevra wat Gordhan, as verantwoordelike minister, doen om die sake reg te ruk by Eskom, asook die ander bankrot staatsbeheerde entiteite.