Openbare Beskermer beskuldig Cele

Uit ‘n verslag van die Openbare Beskermer wat aan die pers gelek is, blyk dit dat persone wat korrupsie aanmeld nie deur die polisie beskerm word nie. Dit is ‘n ernstige aanklag teen die minister van polisie, Bheki Cele.

In die saak van die moord van Sandiso Maqaqa is die persone wat vertroulike inligting aan die polisie verskaf het, se identiteit nie voldoende beskerm nie. Die persone is later met die dood gedreig en die vraag ontstaan hoe die name bekend gemaak is?

Waarnemers sê sodanige optrede maak ‘n klug van enige onderneming deur die polisie dat inligting vertroulik hanteer sal word.