Ontwikkel eers AK-47, nou e-voertuig

Dit word betwyfel of Elon Musk bekommerd sal raak oor die nuwe elektriese motorvoertuig wat ontwerp en gebou is deur die Kalashnikov maatskappy wat ook die AK-47 aanvalsgeweer ontwikkel het.

Die maatskappy se argaïese en oudmodiese bakwerk vir die nuwe energie konsep motorvoertuig is die hoofrede waarom duisende mense skerp kritiek uitgespreek het teen die nuwe voertuig.

Die Kalashnikov woordvoerder sê egter sy motor se tegnologiese ontwikkeling oorskadu die van Musk se Tesla motors.

Die Russiese prototipe motor is verlede week in Moskou tentoongestel en word deur die vervaardiger as ’n “super motor” bestempel in kompetisie met Elon Musk se bekende Tesla motors.

Die “naamlose” motor kan glo 350 km aflê voor dit herlaai word, en vergelyk nie kompeterend teen die Tesla wat slegs een uur neem om te herlaai en byna 600 km kan aflê voordat dit herlaai moet word nie.

Die motor wat bekendstaan as die CV-1 se groot rooster aan die voorkant en vierkantige bakwerk maak van hom ’n model wat in Westerse lande gebou is in die jare 1960.

Op die sosiale netwerk is honderde negatiewe kommentare gelewer oor die voertuig, en een persoon het aanbeveel dat die vervaardiger liewer wegbly van motorvoertuie en maar voortgaan om AK-47 te bou.