Onrus in Spanje oor immigrante

Spaanse kiesers het begin brom oor die linkse Sosialiste regering se immigrante beleid wat meebring dat honderde onwettige immigrante vanaf Moroko na Spanje verhuis op soek na ’n beer bedeling.

Duisende mense uit Afrika trek oor die see na Spanje noudat die konserwatiewe rgering van Italië sulke mense nie toelaat om sy hawens binne te gaan nie.

Kiesers raak ongeduldig omdat die “vreemde mense” s gedrag hulle nie aanstaan nie, en enkele gevalle van konfrontasie het reeds ontstaan omdat die sogenaamde asielsoekers oor hoë heinings klouter en plekke beskadig terwyl hulle op soek is na werk en lewensmiddele.

Verlede Donderdag het meer as 600 vreemdelinge uit Afrika se Sub-Sahara gebied voet aan wal gesit in Spanje waar die Sosialiste hulle ontvang het, maar nie sonder om ook die weerstand van kiesers te ervaar nie.

Kenners wys daarop dat die toegang tot Europa nou veel makliker gemaak word vir die mense uit Afrika nadat Italië sy voet dwars gesit het, en die afstand oor die see aansienlik korter is na Spanje.

In die eerste helfte van vanjaar het Spanje reeds 14,700 uit Afrika ontvang, en die vermoede bestaan dat hierdie getalle elke jaar gaan verhoog as Spanje dit toelaat om te gebeur.