NVG se sake in chaos

Dit blyk dat die Guptas, sowel as Brian Molefe en Anoj Singh, vir geruime tyd rustig kan wees rondom hul vervolging aangesien die Nasionale Vervolgingsgesag se sake in ‘n gemors is.

Dit is weens Shaun Abrahams (foto) se wyse waarop hy sake deurgedruk het voordat die staat werklik gereed was om in die hof te verskyn.

Waarnemers glo so sal dinge ‘n stadige dood sterf terwyl niemand werklik verantwoordelik gehou gaan word vir diefstal en bedrog wat gepleeg is nie.

Intussen boikot Tim Moyane en Jonas Makwakwa die Nugent kommissie van ondersoek se verrigtinge.