Nog duisende vlug uit Venezuela

Derduisende inwoners van Venezuela vlug die land uit omdat hulle nie langer die tekort aan lewensmiddele kan verduur nie.

Die ekonomiese en humanitêre krisis in die land het nog verder vererger wat mense op die vlug laat gaan het en die grens na Peru oorgesteek het in die hoop dat hulle noodsaaklike lewensmiddele en hulp aldaar sal ontvang.

Die vlug na Peru is klaarblyklik hulle enigste keuse aangesien grensbeheer na ander lande intussen strenger geword het.

Die Verenigde Nasies beskou die krisis in Venezuela as soortgelyk aan die probleme in die Mediterreense gebied waar onwettige immigrante na Europa uitwyk.

Venezuela se ekonomiese krisis en sy swak regeringsleier het inwoners uiteindelik gedwing om ’n ander heenkome te probeer vind buite die landsgrense.

Onbevestigde berigte lui dat die grensposte na Peru oorlaai is en dat duisende mense wag om deurgelaat te word, maar waarnemers meen daar is reeds meer as 400 000 mense wat na Peru uitgewyk het.