Nieuw Seelandse dorp verban katte

Die Nieu-Seelandse dorp Omaui gaan probeer om ’n kat-vrye dorp te word om daarmee ’n einde te bring aan die katte se aanvalle op die natuurlike spesies van die omgewing.

Die hele Nieu-Seeland is besig om gekant te raak teen aanhou van katte weens die feit dat katte die natuurlike spesies aanval en uitroei.

Die klein dorpie se aankondiging het hom midde in ’n landswye debat laat beland wat tans aan die gang is tussen die katliefhebbers en die teenstanders.

Dit volg kort nadat die Omaui se streeksraad aangekondig het dat hulle planne gereed het om die dorp kat-vry te maak.

In ’n verklaring wat deur die Suidland Omgewing se stede vrygestel is, word daarop gewys dat sekere katte oor die eienskappe beskik om te kruis met bestaande wildsoorte wat daarmee ’n gevaar inhou vir sekere spesies.

Diegene wat ’n kat-vrye omgewing voorstaan sê hulle is nie kat haters nie, maar wil slegs verseker dat die wildspesies nie deur kruising met katte verdwyn nie.

Katte is die eerste keer in die jaar 1800 deur Westerlinge uit Europa na die land geneem en vandag is daar sowat 1,4 miljoen van die huisdiere wat deur die 5 miljoen mense van die land aangehou word.