“Never ever” – toe gaan die krag af

Na grootdoenerige verklarings dat beurt krag nooit weer sal plaasvind nie, is inwoners in Bethlehem Maandag sonder krag gewees vir byna 24 uur.

Intussen het Eskom aangekondig dat beurtkrag ingestel gaan word, dit sal in die oggendure plaasvind en dan ook weer vanaf 17:00 tot 22:00.

Die verduideliking is dat dringende onderhoud by sekere krag stasies gedoen moet word, maar die staking van werkers dra ook daartoe by nadat loononderhandelinge weer eens vasgeval het. Werkers staak by sekere kragstasies en intimideer werkers wat wel wil werk, om aan die staking deel te neem.

Verskeie kragstasies lewer reeds minder as 50% van hulle normale krag.