Nasa wil die son bestudeer

Nasa het ’n ruimtetuig lanseer om nader aan die son te kom en volgens sy berekeninge sal die ruimtetuig slegs 6,3 miljoen kilometer van die son wees.

Dit is die missie van die “Parker Solar Probe” wat deur Nasa lanseer is, en aan boord van die ruimtetuig sal Belgies vervaardigde teleskope wees om opnames te maak.

Die aarde is 50 miljoen kilometer weg van die son, en met ’n ruimtetuig slegs 6 miljoen kilometer van die warmplek, is die grootste uitdaging om ’n hitte bestande stelsel te vervaardig.

Die sonstrale is op die afstand waar die ruimtetuig sal wees, meer as 500 keer sterker as wat dit op die aarde is.

’n Hitte bestande koolstof samestelling word gebruik om die tuig teen die geweldige hitte te beskerm, en die samestelling is sodanig dat dit tot 1,400 grade Celsius kan weerstaan.

In die jaar 1958 het ’n Amerikaanse wetenskaplike reeds voorspel dat ’n sonwind hitte die ruimte inblaas, en dit sal ook deur die ruimtetuig gemeet word.

Nasa wil ook meer tewete kom oor die magnetiese veld en die elektriese ladings van die son om daarmee die totale werking van die energiebron te verstaan.

Die lansering wat Sondag uitgevoer is, was aanvanklik geskeduleer vir Saterdag, maar kort voor die lansering geaktiveer is, het ’n alarm afgegaan en mos dit uitegstel word om eers ’n moontlike fout op te spoor wat later reggestel is.