Miljarde spandeer maar busse staan

Ekurhuleni se stadsraad het onderneem om ‘n volle forensiese ondersoek te laat instel in die BusRapidTransit projek, maar kenners meen dit is te min te laat, want die projek is droog getap en gebruik as ‘n kontant koei vir sekere politici, huurmotor eienaars en raadsamptenare.

Die projek is kort na die Wêreldbeker Sokkertoernooi in 2010 begin en die koste beloop reeds R2,2 miljard sonder enige werklike vordering.