Masels breek uit in Europa

Europa ondervind sy grootste vlaag masels gevalle in die afgelope tien jaar, en die aangetekende gevalle is meer as 41 000 wat ook ’n aansienlike aantal volwassenes insluit.

Dit is bykans twee keer soveel gevalle as wat in 2017 aangemeld is toe net meer as 23 000 gevalle geregistreer is.

Die gevalle wat aangemld is vir die eerste ses maande van vanjaar is dus veel meer as wat in die hele 2017 aangemeld is, en die verwagting is dat nog baie gvalle aangmeld sal word voor die einde van die jaar.

In 2017 was die totaal van byna 24 000 gevalle aangeteken as ’n rekord getal, maar vanjaar sal alle rekords oortref.

In die eerste ses maande is 37 mense dood weens masels, teenoor die 14 van die vorige jaar.

Nederland en Luxemburg het egter die minste gevalle gehad en beide lande het minder as 50 gevalle aangeteken, terwyl België sowat 70 gevalle gehad het.

Frankryk, Georgië, Griekeland, Italië, Rusland, Serwië en Oekraïne het elk meer as ’n duisend gevalle gehad.

Masels word beskou as ’n uiters gevaarlike siektetoestand en daarom is die inenting van jong kinders noodsaaklik en moet dit betyds aandag kry van die ouers.