Kuberkraker slaan toe op gov.za

‘n Kuberkraker het daarin geslaag om die regering se webtuiste te “sluit” en toegang tot die web is nie moontlik nie.

Die persoon onder die naam notorius hacker @VirusSec het die media gekontak en gesê dat hul van plan is om die webtuiste binne te dring.  ‘n Paar minute later is dit gedoen.  In ‘n boodskap aan die media het die persoon gesê die huidige regering is vrate en dinge moet verander.