Kongo verloor stryd teen Ebola

Die owerheid in die Kongo is besig om die stryd teen die verspreiding van die Ebola virus te verloor te midde van die duisende dosisse entstof wat aan die land gelewer is.

Internasionale waarnemers het hulle kommer uitgespreek oor die toenemende verspreiding van Ebola virus in die ooste van die land.

In die afgelope drie weke is nog 105 gevalle gerapporteer waarvan 77 gevalle bevestig is, en woordvoerders van die gesondheidsdienste het bevestig dat talle voorvalle in die Noord Kivu gebied aangemeld is en in laboratoriums getoets is.

Slegs 11 mense wat die virus opgedoen het, het weer herstel van die virus nadat hulle in ’n hospitaal opgeneem was en behandeling ontvang het.

Die Wêreld Gesondheid Organisasie van die Verenigde Nasies se woordvoerder, Tedros Ghebreyesus, het die geneeshere geloof vir hulle harde werk om teen die siekte op te tree, maar het erken dat die verder verspreiding daarvan na ander dele in die land, steeds kommerwekkend is.

Vanjaar se Ebola krisis is die tiende keer wat dit die Kongo tref sedert die virus die eerste keer in 1976 opgespoor is.