Italië waarsku Europese Unie

Indien die Europese Unie nie verantwoordelikheid neem vir die 170 onwettige immigrante wat op Europese grond aangekom het nie, sal Italië dit oorweeg om sy finansiële bydraes terug te hou.

Die waarskuwing kom van die Italiaanse woordvoerder, Luigi Di Maio, wat die EU onder druk plaas om toe te sien dat onwettige immigrante nie net die probleem van Italië is nie, veral omdat die nuwe regering geen rede kon vind waarom onwettige immigrant te huisves is Italië nie.

Di Maio sê as die Europese Unie nie oor die vermoë beskik om ’n billike bedeling te vestig met die immigrante nie, sal Italië dit sal oorweeg om ’n gedeelte van sy 20 miljard euro wat jaarliks betaal word, terug te hou.

Ekonomiese waarnemers sê die EU se geldsake laat hulle nie toe om sulke dreigemente soos van Italië te ignoreer nie, veral met Brittanje se uittrede wat ’n reuse finansiële bydrae gemaak het.

Foto – Luigi Di Maio