Italië stel sanksies in teen Malta

Die konserwatiewe regering van Italië het aangekondig dat sanksies ingestel word teen Malta in ’n groeiende spanning oor die hantering van onwettige immigrante wat afkomstig is uit die Middellandse See gebiede.

Die volg nadat herhaalde geskille opgeduik het tussen die twee lande oor immigrante op die kuswag wat deur Italië geweier is om sy hawens binne te gaan.

Italië se minister van binnelandse sake, Matteo Salvini, sê die tyd het aangebreek dat Europese lande die onwettige immigrante moet inneem of so nie stuur Italië hulle terug na waar hulle vandaan kom.

Sy waarskuwing dat sanksies teen Malta ingestel sal word kom nadat Malta geweier het om die kuswag te help terwyl dit in internasionale water gevaar het.

Waarnemers meen Italië is besig om deur sy optrede ’n veel groter rol te vervul as wat Europese lande vermoed het, en dwing die pro-immigrante lande om nuwe maatreëls te tref om immigrante te ontvang.

Foto – Minister Matteo Salvini