Iran pleit by VN oor sanksies

Die Amerikaanse sanksies teen Iran het die land reeds miljarde euro gekos nadat verskeie instansies aangekondig het dat hulle gaan onttrek.

Nou het Iran hom tot die Verenigde Nasies gewend en vra dat die Internasionale Hof ’n beletsel moet plaas op die VSA se sanksies.

Of die Amerikaanse president, Donald Trump, hom aan die moontlike beslissing gaan steur, is te betwyfel, en het hy reeds aangekondig dat hy in November nog meer sanksies gaan instel.

Die Trump-administrasie het aangekondig dat hy in November vanjaar verdere sanksies gaan toepas wat gemik is op Iran se olie nywerhede.

Slegs die aankondiging van die beoogde sanksies het die Franse oliemaatskappy Total, laat besluit om te onttrek uit die land.

Die goeie betrekking wat sedert 1955 tussen Iran en di VSA geheers het, is verbreek nadat president Trump besluit het om te onttrek uit die Kernwapen akkoord tussen die twee lande aangesien dit Iran steeds instaat stel om kernwapens te ontwikkel.

Iran het egter geweier om die akkoord te laat hersien, en die VSA het met sanksies begin in ’n poging om die land te dwing tot verdere onderhandelinge.

Verskeie groot instansies het ag geslaan op die waarskuwing van president Trump toe hy gesê het dat diegene wat met Iran sake doen, met die VSA nie verder sake sal kan doen nie.

Iran vrees noudat meer instansies kan onttrek om nie verder olie aan te koop nie weens die optrede van die VSA.