Irakese nasionaliste wen verkiesing

Die nasionalistiese Moqtada Sad, en sy alliansie vennote die kommuniste, het die parlementêre verkiesing in Irak gewen met ’n oortuigde meerderheid.

Die verkiesingskommissie van Irak het die naweek aangekondig dat die nasionalistiese alliansie die meerderheid stemme getrek het en dit bevestig na ’n hertelling gehou is.

Die Hooggeregshof het opdrag gegee dat ’n hertelling gehou word nadat gerugte van bedrog geopper is.

Die alliansie het 48 setels ingepalm in die eerste verkiesing wat die land hou sedert die Islamitiese Staat se beheer oor groot dele beëindig is.

Die hertelling van stemme het egter geen noemenswaardige veranderings teweeggebring nie, en die nasionaliste sal ’n sterk meerderheid hou in die parlement.

Waarnemers wys daarop dat Itak heelwaarskynlik nader aan Sjina en Rusland sal beweeg met sy buitelandse beleid,

Foto – Moqtada Sadr