Honderde gedood in Puerto Rico orkaan

Die geweldige orkaan storm wat Puerto Rico verlede jaar gedurende September getref het, is waarskynlik die ergste ramp wat die eiland nog ooit getref het.

Aanvanklik is gerapporteer dat 64 mense omgekom het in die ramp, maar die ondersoek na lewensverlies het pas ’n verslag uitgebring wat toon dat 2 975 mense op die eiland gedood is en dat dit hoofsaaklik ou mense en minder gegoedes is wat nie die stormweer kon oorleef nie.

Die ondersoek wat deur die George Washington Universiteit gedoen is, word as ’n gesaghebbende en akkurate weergawe van sterftes beskou, en die gegewens het ’n skokgolf deur die wêreld gestuur.

Prof. Carlos Santos-Burgoa wat deel van die ondersoekspan was, sê hulle het waargeneem dat te min mense op die eiland gereageer het op waarskuwings en nie voorsorg probeer tref het nie, maar wat ook toegeskryf kan word aan ’n gebrek in kennis oor wat gedoen kan word in tye van so ’n storm.

Baie woonplekke is vernietig in die storm en duisende mense het vir weke sonder elektrisiteit en water gesit terwyl baie mense in hospitale opgeneem moes word weens beserings.