Hof in Zimbabwe bevestig Zanu-PF oorwinning

Die hoogste hof in Zimbabwe het die afgelope week bevind dat die verkiesingsuitslag soos deur die verkiesingskommissie bepaal is, gehandhaaf word.

Dit beteken dat die leier van die Zanu-PF party en tussentydse president van Zimbabwe, Emmerson Mnangagwa, die volgende termyn as president sal dien. Hy is die naweek reeds as president beëdig.

Die opposisieparty het die uitslag betwis en die saak na die hof geneem, maar die voormalige onder-president in die Mugabe regering het die stryd ook daar gewen.

Emmerson Mnangagwa het in die Mugabe bewind glo baie mense om die lewe laat bring wat ’n bedreiging van die diktator was, en het nou gevra vir “vrede en rustigheid” sodat nuwe werksgeleenthede geskep kan word.

Die Grondwethof het met nege regters op die bank, sy final beslissinge gemaak en die opposisie se saak met koste van die hand gewys.

Foto – Emmerson Mnangagwa