Geweervuur op VSA ambassade in Turkye

Die Amerikaanse ambassade in die Turkse hoofstad Ankara het onder geweervuur deurgeloop die afgelope naweek, maar niemand is beseer in die voorval nie.

Geweerskote het gereën teen die gebou wat vanuit bewegende voertuie afgevuur is wat verskeie vensters gebreek het maar geen mense getref het nie.

Geweerskote het met tussenposes gehoor en koeël merke is waargeneem op die ambassade se mure wat vanuit bewegende voertuie afgevuur is.

Die Turkse polisie ondersoek die voorvalle en sê tot hede is dit slegs bekend dat ’n wit voertuig se insittendes verantwoordelik is vir die skote wat afgevuur is.

Die spanning tussen Amerika en Turkye het in die afgelope weke skerp toegeneem nadat die VSA sanksies aangekondig het wat teen Turkye ingestel word nadat die land geweier het om te voldoen aan die versoek van president Trump om ’n Amerikaanse geestelike vry te laat.

Kort na die aankondiging van sanksies teen Turkye het die land se geldeenheid drasties gedaal in waarde en die aandelebeurs het na benede getuimel.

Foto – Amerikaanse ambassade