Franse president daag nasionaliste

Die Franse president, Emmanuel Macron, het homself teenoor die Hongaarse en Italiaanse nasionaliste gestel en gesê hy is gereed om teen die nasionaliste te stry soos die Hongaarse premier en Italiaanse minister wat besig is om ’n alliansie te vestig.

Premier Viktor Orban van Hongarye en minister Matteo Salvini van Italië het na samesprekings bekend gemaak dat hulle ’n alliansie wil vorm met leiers en voorstanders is van ’n anti-immigrante struktuur om die Europese Unie se beleid te verander.

Macron het die twee anti-immigrante gekritiseer tydens sy besoek aan Denemarke wat tot Donderdag samesprekings gevoer het met die Deense regering.

Die Franse president het gesê dit is duidlik dat die nasionaliste van Europa besig is met ’n sterk aanslag, maar hy beskou homself as president van Frankryk, hulle eerste teenstander as hulle “hom beskou as die hoof opponent”.

Politieke ontleders meen egter die Franse president is besig om vir hom ’n pad te bou in die EU-parlement wat sal meewerk om sy verkiesing as Franse president vir ’n tweede termyn kan bevorder.

Intussen het die Italiaanse eerste minister, Giuseppe Conte, gesê die tyd het aangebreek dat die Europese Unie ’n nuwe tyd van hervorming moet begin, en daarmee glo bedoel dat die immigrasie van sogenaamde asielsoekers veel strenger hanteer moet word.

Tot hede het president Macron nie sukses gehad in sy vele pogings om as voorste leier van Europa te figureer nie, en die waarskynlike is dat hierdie jongste uitlating hom moontlik kan benadeel.