Franse minister bedank onverwags

Die Franse minister van omgewingsake, Nicolas Hulot, het sy bedanking ingedien by president Emmanuel Macron en dit oor die Franse radiodiens bekendgemaak.

Die minister sê hy het sedert die begin van sy amp geen ondersteuning in die kabinet gehad nie en voeg by dat hy nie enige illusies wil skep dat sy teenwoordigheid as kabinetsminister beteken dat die vraagstukke aandag kry nie.

Hy sê dat hy die president en nog ’n minister van sy besluit verwittig het nadat hy sy besluit oor die radio aan die Franse kiesers bekend gemaak het, en alhoewel dit nie protokol is nie, het hy die volk belangriker geag as die kabinetslede.

’n Woordvoerder van die regering het later gesê dit is betreurenswaardig dat die minister op so ’n onhoflike wyse sy bedanking aangekondig het.

Onlangs is  Nicolas Hulot uitgeskel as ’n papbroek en ’n lafaard wat ook niks vermag het in sy departement nie, en is algemeen as ’n onsuksesvolle politieke figuur bestempel.

Politieke kenners sê dat president Macron tog een van sy mees lojale ministers verloor het en is beskou as een van Frankryk se bekendste persoonlikhede uit hoofde van sy vorige werk as ’n TV verslaggewer.

Foto – Nicolas Hulot