Europa: Stormweer na droogte

Die gesegde dat daar stilte voor storms is, het in Europa ’n ietwat nuwe vorm aangeneem toe die storms begin het na die geweldige droogte tyd wat ook gepaard gegaan het met die een hittegolf na die ander.

In Duitsland en Frankryk het swaar reënneerslae ontwrigting veroorsaak en paaie, brûe en lugvaart het vir enkele dae tot stilstand gekom.

Die reënweer het wel verligting gebring om die hitte te breek, maar paaie was plek-plek onbegaanbaar en baie mense het beserings opgedoen in ongelukke terwyl verskeie gevalle aangemeld is van bome wat omgeval en mense beseer het.

Die donderstorm Nadine het egter nie net baie reën gebring in Duitsland nie, maar ook sterk wind wat bome en huise beskadig het gedurende die nag in veral die gebied van Hanover en die Noord See omgewing.

Stormwinde van tot 140 kilometer het groot gebiede geteister terwyl swaar ren uitgesak het oor ’n groot gebied.

Die Europese weerburo voorspel egter dat nog hittegolwe verwag kan word in die volgende week, en hernude donderstorms kan verwag word.