El Salvador breek van Taiwan

Taiwan word al meer geïsoleer dur die aggressiewe optrede van Sjina wat klaarblyklik druk op die Taiwanese regering wil uitoefen deur ander lande wat tot hede goeie bande gehandhaaf het, nou te laat kant kies ten gunste van Sjina.

Taiwan het pas weer ’n bondgenoot verloor toe El Salvador besluit het om weg te breek en eerder ’n vennootskap met Sjina aangaan.

Met net 17 lande waarmee Taiwan nog diplomatieke bande het, word die land se vriende al minder, en waarnemers skryf dit toe aan die aggresiewe optrede van Sjina wat die druk op hierdie wyse verhoog.

Op die foto verskyn El Salvador se Minister van Buitelandse Sake, Carlos Castaneda, saam met sy Sjinese eweknie Wang Yi na afloop van ’n ooreenkoms om diplomatieke betrekkinge wedersyds aan te knoop.

El Salvador sê die stap is geneem om die belange van sy mense te bevorder asook die van sy nuwe bondgenoot om uiteindelik ook te voldoen aan die “Een Sjina” strewe van die kommunistiese owerheid in Sjina.

Met Beijing se sogenaamde standpunt dat hy nie enige staat toelaat om ’n verhouding met die Volksrepubliek van Sjina aan te gaan nie, beskou El Salvador dit as ’n besonder eer wat hulle te beurt val.

In reaksie op die verskuiwing het president Tsai Ing-wen in Taipei gesê die druk van Sjina sal Taiwan net meer laat werk na ’n  bedeling van demokrasie en algehele vryheid.