Eikenhof substasie sabotasie

Dit blyk dat die brand by die City Power substasie nie ‘n elektriese fout  was nie maar sabotasie.

So sê die burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba.

Die brand het buite die substasie ontstaan terwyl die transformator beskadig is sodat olie kon uitlek en so aan die brand kon slaan.