EFF lei nou Kovsies

Die boodskap wat Sonwabile Dwaba, nuutverkose studenteraad-president (SR-president) van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en EFF-verteenwoordiger Donderdag uitbasuin het, is dat wit studente en hul geskiedenis nie welkom is op kampus nie.

Dwaba het studente versoek om hom te help om “Steyn te laat val”, met verwysing na die standbeeld van oud-president MT Steyn.

Tammy Wessels van VF Plus sê die UV se droom van versoening en gelyke geleenthede vir almal is die nekslag toegedien met die uitsprake van die nuutverkose SR-president.  Onverdraagsaamheid, haat, nyd, wanbegrip, rassisme en ‘n gebrek aan kennis was die ondertoon van Dwaba se toespraak en is ‘n aanduiding van wat die komende termyn gaan behels.

Dieselfde MT Steyn wie se standbeeld glo vir sekere studente aanstoot gee se visie was juis ‘n hoër-onderwysinstelling in die Vrystaat, naamlik die UV, waar hierdie einste studente nou die voorreg tot hoër onderrig geniet.