“Een stop” toets vir dwelms

 

Omdat misdadigers nie stilsit nie, en gereeld met nuwe dwelmmiddels na vore kom het die toets vir dwelmmiddels al hoe moeiliker en ingewikkelder geword.

Wetenskaplikes het nou na etlike jare se navorsing, ’n toets ontwikkel wat alle soorte dwelmmiddels opspoor, al sou dit ’n onbekende en nuut ontwikkelde middel wees.

Die toetsmodel is tydens ’n kongres in Europa bekendgestel aan mense en instansies wat daagliks werksaam is met die bestryding van dwelmmiddels en die herstel van verslaafde mense.

Die ontwikkeling van nuwe dwelmmiddels het reeds ’n spesialiteit geword, en het geneeskundiges en organisasies dit al moeiliker gevind om vas te stel of ’n persoon wel ’n verslaafde is, en daarom is die nuwe toets wat ontwikkel is, ’n reuse deurbraak.

Van die nuwe dwelms is miskien nie sulke kragtige middels nie, maar het al moeiliker geword om op te spoor, en die nuwe metode is egter baie akkuraat en veel makliker om te gebruik.

Die nuwe toets het ook die voordeel dat dit uitwys watter soort middels gebruik word wat weer help om die verslaafde die beste behandeling te gee.