Druk op Ramaphosa om Noordwes leiers weg te jaag

Daar is al hoe meer druk op Cyril Ramaphosa om ontslae te raak van die leierskap van Noordwes.

Die groot probleem lê by Supra Mahumapelo (foto) as leier van die uitvoerende bestuur.

Ramaphosa is Saterdag in Rustenburg uitgejou toe hy die skare wou kalmeer.

Daar word nou gewag op die uitslag van die ondersoek deur die klomp ministers rondom die gemors in die provinsie.