Drie uit Oekraïne steel honderde kredietkaarte

Drie mans afkomstig uit die Oekraïne het meer as ’n 100 maatskappye gemerk en daarin geslaag om honderde kredietkaarte te steel.

Die drie kuberkrakers van die groep FIN7 is gearresteer vir hulle daad en een van hulle is in Duitsland vasgetrek en kan vir dekades lank toegesluit word as hy skuldig bevind word.

Die Amerikaanse Departement van Justisie sê die drie mans het daarin geslaag om maatskappye in die VSA se stelsels in te breek en toe miljoene krediet en debiet kaarte se rekords bekom.

Die een wat in Dresden, Duitsland gevang is, word oorgeplaas na Seattle in die VSA waar hulle verhoor sal word.

Die groep het glo ook daarin geslaag om in te breek op duisende rekenaars waar hulle die besonderhede van mense bekom het en  kon inbreek op die eienaars se kaartstelsels.

Die kaart nommers is gebruik om aan ander te verkwansel en het daarmee derduisende dollar ingevorder deur hulle kantore in Moskou, Haifa en Odessa.