Cele gaan gesteelde karre in Malawi soek

Minister van polisie, Bheki Cele, gaan binnekort Malawi toe om gesteelde motors en ander goedere terug te bring Suid Afrika toe.

Volgens hom is daar steeds karre met GP registrasienommers wat in Mosambiek rondry.

Hoe hy die owerhede gaan oorreed om die voertuie terug te stuur, bly egter ‘n onbeantwoorde vraag.