Aussie senior minister bedank

Australië se minister van buitelandse sake, Julie Bishop, het haar bedanking ingehandig kort nadat die eerste minister, Malcolm Turnbull, moes bedank na hy ’n tweede stemming van die Liberale Party se parlementslede verloor het.

Julie Bishop is die eerste vrou wat die pos as top diplomaat beklee het, en was lojaal teenoor premier Turnbull.

Sy het egter verwag om verkies te word as Australië se nuwe eerste minister, maar die parlementslede se keuse het op minister Scott Morrison geval tydens verlede Vrydag se stemming.

Sy het egter swak gevaar in die stemming en kon slegs 11 stemme van die 85 parlementslede beweeg om vir haar te stem.

Na verneem word, bly sy aan as ’n parlementslid wat die Liberale Party verteenwoordig.

Minister Scott Morrison se oorwinning het as ’n verrassing gekom omdat baie parlementslede verwag het dat sy opponent die botoon sou voer.

Foto – Julie Bishop