ANC voorbok vermy tronk

Nadat die appelhof in Bloemfontein beslis het dat sy vonnis van 15 jaar tronkstraf gehandhaaf word, het ANC voorbok, John Block (foto), nie by die tronk aangemeld soos van hom verwag is nie.

Block is saam met ‘n sakeman, Christo Scholtz, skuldig bevind aan bedrog en korrupsie en vir 15 jaar tronk toe gestuur.

Die Valke is nou op die twee se spoor nadat hulle nie by die tronk aangemeld het nie, maar tog verklaar die Valke dat die twee nie as voortvlugtig beskou word nie.