ANC beloftes misluk: Werkloosheid styg skerp

Werkloosheid het skerp gestyg met 100 000 werkers wat werkloos geraak het in die eerste twee kwartale van 2018.

Die werkloosheidskoers staan nou op 27,2% volgens statistieke wat deur Statistiek SA vrygestel is.

Ontnugterde werksoekers se syfers staan tans op 2,9 miljoen. In die formele sektor is  35 000 poste verminder, informele sektor het 73 000 poste verminder en landbou voeg ‘n verdere 3 000 by.

Dié wat al so wanhopig geword het dat hulle nie eens meer moeite doen om werk te soek nie, het ook gestyg. Talle werkloses laat hulle nie eens meer as sodanig registreer nie wat beteken dat die syfers wat nou bekend gemaak is, nie die volle prentjie skets nie.

Dit is in skrille kontras met Cyril Ramaphosa se groot bravade dat hy die land uit die gemors uit sal regeer.  Selfs die “baksteen” lande se hulp is klaarblyklik nie genoeg om die land te red nie.