Agbiz en AgriSA se onderkruipery

Dr. John Purchase die Agricultural Business Chamber (Agbiz), het verklaar dat hy en AgriSA se president, Dan Kriek (foto), die vergadering met Cyril Ramaphosa as “vrugbaar” beleef het.

Ramaphosa was glo baie geïnteresseerd tydens die vergadering deur vrae te vra.

Intussen het Omri van Zyl van AgriSA erken dat die probleem rondom grondonteiening sonder vergoeding “nie direk aangespreek is nie”.

Boere meen hulle is steeds in onsekerheid oor hulle grond en verwyt AgriSA dat hulle nie die geleentheid gebruik het om duidelikheid te kry nie maar eerder polities korrek opgetree het in plaas daarvan om vir die boere in die bres te tree.

Intussen het Dan Kriek op Agri Limpopo se kongres gesê dat hy glo dat landbou nou by ‘n keerpunt gekom het en dat sake nou sal verbeter. Hulle sal voortgaan met gesprekke met die regering, en hy sê ander gesprekke is ook aan die gang agter die skerms wat hy nie kan openbaar as gevolg van die sensitiwiteit daarvan, en vra boere om hom daarmee te vertrou.