Haarkapper kry dosis pepersproei

 

’n Duitser was so ontevrede met sy haarkapper se werk, dat hy teruggekeer het na die salon om wraak te neem.

Nou word die man deur die polisie vervolg nadat hulle ook plofstof in sy woonplek gevind het.

Die 34-jarige Duitser was woedend oor die swak gehalte werk wat die haarkapper gelewer het, en het met ’n kannetjie pepersproei teruggekeer na die salon.

Die onbekende man het egter ten spyte van sy ontevredenheid met die haarsny, wel die rekening daarvoor betaal, maar later teruggekeer met ’n houer pepersproei om aan sy frustrasie uiting te gee.

Benewens die 52-jarige haarkapper se situasie is sy 22-jarige leerling haarkapper ook beseer en beide moes behandeling ontvang, waarna die polisie ontbied is.

Die polisie kon daarin slaag om die ontevrede man naby die spoorwegstasie op te spoor en in hegtenis te neem.