Wêreld Nuusflitse – 4 Julie

Frankryk

Die sosialistiese president van Frankryk, Emmanuel Macron, het sy land se ambassadeur in Hongarye teruggeroep nadat die ambassadeur positiewe opmerkings gemaak het oor Hongarye se konserwatiewe eerste minister, Viktor Orban.

 

Oostenryk

Oostenryk is aangewys om die voorsitterskap van die EU oor te neem wat klaarblyklik deur kanselier Sebastian Kurz beklee sal word, en wat hom die jongste persoon maak wat die amp beklee.

 

Oekraïne

Alhoewel die regering van die Oekraïne aangekondig het dat die land die Wêreldbeker Sokker in Rusland boikot, het duisende burgers van die land na Moskou gestroom om na die wedstryde te kyk.