Wêreld Nuusflitse – 30 Julie

VSA

In die Amerikaanse staat New Orleans het ’n skieter losgebrand op ’n groep mense en drie gedood en minstens 7 gewond wat dringende hospitaal behandeling moes ontvang, en die skuldige word nou gesoek deur die polisie.

 

België

Met sy terugkeer na België het die voormalige president van die Spaanse deelstaat Katalonië gesê hy gaan die saak van onafhanklikheid in die hele Europa dra en sal dit te alle tye verdedig.

 

Zimbabwe

Die kiesers van Zimbabwe gaan vandag na die stembus om ’n nuwe president en regering te kies, waarby Robert Mugabe vir die eerste keer in meer as 30 jaar nie betrokke sal wees nie, maar steeds deur kenners beskou sal word as ’n verkiesing wat nie vry en regverdig sal wees nie.