Wêreld Nuusflitse – 27 Julie

Masedonië

Die kiesers van Masedonië sal waarskynlik op 30 Julie na die stembus gaan om ’n beslissing te kry oor die moontlikheid van ’n nuwe naam te bepaal nadat groot ontevredenheid ontstaan het oor die naam Republiek van Noord-Masedonië waaroor vroeër met Griekeland ooreengekom is.

 

VSA

Ivanka, die dogter van President Trump, het besluit om haar reeks dames uitrusting te onttrek uit die mark wat ’n spesifieke handelsnaam gedra het, bloot omdat te veel kleinhandelaars besluit het om dit nie langer in voorraad te hou nie.

 

Sirië

Meer as 200 burgerlikes het in verwoestende aanvalle omgekom in die suidelike gebied van Sirië en bykans 200 is ernstig beseer toe aktiviste wat vermoedelik deel vorm van die Islamitiese Staat, op die mense losgebrand het.